Panamalandengte

Die Panamalandengte.

Die Panamalandengte (Spaans: Istmo de Panamá; Engels: Isthmus of Panama), ook bekend as die Dariénlandengte, is die smal stuk land tussen die Karibiese See en die Stille Oseaan wat Noord- en Suid-Amerika verbind. Die bevat die land Panama en die Panamakanaal. Nes ander landengtes, is dit ’n terrein van groot strategiese waarde.

Die landengte het sowat 2,8 miljoen jaar gelede ontstaan[1] en die Atlantiese en Stille Oseaan geskei. So is die Golfstroom geskep. Die eerste persoon wat dié moontlikheid genoem het, was die Noord-Amerikaanse paleontoloog Henry Fairfield Osborn in 1910. Hy het dié voorstel geskoei op die fossielrekord van soogdiere in Sentraal-Amerika.[2] Dit was die grondslag vir Alfred Wegener se teorie in 1912 oor kontinentale verskuiwing.[3]

  1. O’Dea et al. 2016, Abstract
  2. Osborn 1910, pp. 80–81
  3. Wegener 1912

Developed by StudentB